Kruisverwysings → Genesis 39:9

Hy is in hierdie huis nie groter as ek nie en het my niks onthou nie behalwe u, omdat u sy vrou is; hoe kan ek dan hierdie groot kwaad doen en sondig teen God?

nie groter as ek nie

Genesis 24:2
Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,
Nehemia 6:11
Maar ek het gesê: Sal ’n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.
Lukas 12:48
maar hy wat nie geweet het nie en gedoen het wat slae verdien, sal met min slae geslaan word. En elkeen aan wie veel gegee is, van hom sal veel gevorder word; en aan wie hulle veel toevertrou het, van hom sal hulle oorvloediger eis.
1 Korinthiërs 4:2
En verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.
Titus 2:10
hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.

hoe kan ek dan

Genesis 20:3,6
Maar God het in die nag by Abiméleg gekom in ’n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is ’n getroude vrou. ... Daarop antwoord God hom in die droom: Ek weet ook dat jy dit in die onskuld van jou hart gedoen het, en Ek self het jou daarvan teruggehou om nie teen My te sondig nie. Daarom het Ek jou nie toegelaat om haar aan te raak nie.
Levitikus 20:10
En as iemand owerspel doen met ’n man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, moet hy en sy wat owerspel doen, sekerlik gedood word.
2 Samuel 11:27
Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom ’n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.
Job 31:9-12,23
As my hart verlok was oor ’n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste — laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig. Want dit is ’n skandelike daad, en dit is ’n strafbare misdaad. Ja, dit is ’n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel. ... Want die ondergang wat God bewerk, was ’n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.
Spreuke 6:29,32
So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan; elkeen wat haar aanraak, sal nie ongestraf bly nie. ... Hy wat owerspel pleeg, is sonder verstand; hy wat sy eie lewe wil verwoes, hý doen so iets;
Jeremia 5:8-9
Soos vet gevoerde hingste swerf hulle rond; hulle runnik elkeen na die vrou van sy naaste. Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op ’n nasie soos hierdie een nie?
1 Korinthiërs 6:9-10
Of weet julle nie dat die onregverdiges die koninkryk van God nie sal beërwe nie? Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.
Galásiërs 5:19-21
En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
Hebreërs 13:4
Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
Openbaring 21:8
Maar wat die vreesagtiges aangaan en die ongelowiges en gruwelikes en moordenaars en hoereerders en towenaars en afgodedienaars en al die leuenaars — hulle deel is in die poel wat brand met vuur en swawel: dit is die tweede dood.
Openbaring 22:15
Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen.

sondig teen God

Genesis 42:18
En op die derde dag sê Josef vir hulle: Doen dit, dan sal julle lewe; ek vrees God!
Levitikus 6:2
As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,
Númeri 32:23
Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen die HERE, en weet dan dat julle sonde julle sal uitvind.
2 Samuel 12:13
En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
Nehemia 5:15
terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.
Psalms 51:6
Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.
Jeremia 28:16
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die HERE verkondig het.
Jeremia 50:7
Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die HERE.
1 Johannes 3:9
Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.