Kruisverwysings → Genesis 39:7

Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.

oë na Josef opgeslaan

Genesis 6:2
sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Job 31:1
EK het ’n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op ’n jonkvrou?
Psalms 119:37
Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewend in u weë.
Esegiël 23:5-6,12-16
En Ohóla het gehoereer terwyl sy my vrou was, en het gesmag na haar minnaars, na die Assiriërs, krygshaftige mense wat pers aangetrek was, goewerneurs en owerstes, almal begeerlike jongmanne, ruiters te perd. ... Sy het gesmag na die seuns van Assur, goewerneurs en owerstes, krygshaftige mense, pragtig aangetrek, ruiters te perd, almal begeerlike jongmanne. Toe het Ek gesien dat sy verontreinig was: altwee het dieselfde weg bewandel. Ja, sy het nog meer gehoereer; toe sy manne sien wat op die muur afgeteken was, afbeeldinge van die Chaldeërs, geteken met rooiminie; omgord met ’n gordel aan hulle heupe, met oorhangende tulbande op hulle hoofde, in hulle voorkoms almal offisiere, in die gestalte van die seuns van Babel wie se geboorteland Chaldéa is — net toe sy hulle sien, het sy na hulle gesmag en boodskappers na hulle gestuur, na Chaldéa toe.
Mattheüs 5:28
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
2 Petrus 2:14
met oë vol van owerspel, wat nie ophou om te sondig nie; hulle verlok onvaste siele, hulle het ’n hart geoefen in hebsug, hulle is kinders van die vervloeking.
1 Johannes 2:16
Want alles wat in die wêreld is — die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe — is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.

Kom hou gemeenskap

2 Samuel 13:11
Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, het hy haar gegryp en vir haar gesê: Kom lê by my, my suster!
Spreuke 2:16
om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei
Spreuke 5:9
sodat jy nie jou bloei aan ander gee en jou jare aan een wat onbarmhartig is nie;
Spreuke 7:13
En sy het hom gegryp en hom gesoen, met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
Jeremia 3:3
En die reënbuie is ingehou, en daar was geen laat reëns nie. Maar jy het ’n hoerevoorhoof gehad, jy het geweier om jou te skaam.
Esegiël 16:25,32,34
by elke uitdraaiplek het jy jou hoogte gebou en jou skoonheid geskend en jou sonder skaamte aangebied aan elkeen wat verbygaan, en jy het jou hoererye vermenigvuldig. ... o Die vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem. ... So was daar dan by jou in jou hoererye net die teendeel van die vroue, omdat hulle jou nie agternageloop het om te hoereer nie, en deurdat jy hoereloon gegee het terwyl aan jou geen hoereloon gegee is nie; daarom was jy die teendeel.