CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 39:6

En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 39:6 in konteks →

oorgelaat

  1. Genesis 39:4,8,23

    4het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee. … 8Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. … 23Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.

  2. Lukas 16:10

    10Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

  3. Lukas 19:17

    17En hy sê vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag hê oor tien stede.

as net van die brood

  1. Genesis 43:32

    32Toe bring hulle dit vir hom besonders op en vir hulle besonders en vir die Egiptenaars wat by hom eet, besonders; want die Egiptenaars mag nie saam met die Hebreërs eet nie, omdat dit vir die Egiptenaars ’n gruwel is.

  2. Spreuke 31:11

    11Bet. Die hart van haar man vertrou op haar, en aan wins sal dit hom nie ontbreek nie.

skoon van gestalte en mooi van aansien

  1. Genesis 12:14-15

    14Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was. 15Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.

  2. Genesis 29:17

    17En Lea het dowwe oë gehad, maar Ragel was skoon van gestalte en mooi van aansien.

  3. 1 Samuel 16:12

    12Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en ’n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.

  4. 1 Samuel 17:42

    42Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ’n seun was—rooierig, met ’n mooi voorkoms.

  5. Handelinge 7:20

    20In dié tyd is Moses gebore, en hy was wonderlik mooi. Drie maande lank is hy in die huis van sy vader versorg;