Kruisverwysings → Genesis 39:4

het Josef guns in sy oë gevind en hom gedien; en hy het hom aangestel oor sy huis, en alles wat in sy besit was, aan hom oorgegee.

guns in sy oë gevind

Genesis 39:21
Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.
Genesis 18:3
En hy sê: My heer, as ek nou genade in u oë gevind het, gaan dan tog nie by u kneg verby nie.
Genesis 19:19
Kyk tog, u kneg het genade in u oë gevind, en U het u guns groot gemaak wat U aan my bewys het deur my in die lewe te behou. Maar ek is nie in staat om na die gebergte te vlug sonder dat die onheil my inhaal en ek sterwe nie.
Genesis 32:5
en ek het beeste en esels, kleinvee en slawe en slavinne verwerf, en my heer dit laat weet, sodat ek guns mag vind in u oë.
Genesis 33:8,10
Daarop sê hy: Wat is jou bedoeling met daardie hele laer wat ek teëgekom het? En hy antwoord: Om guns te vind in die oë van my heer. ... Toe antwoord Jakob: Ag nee, as ek nou guns in u oë gevind het, neem dan my geskenk uit my hand aan. Want juis daarom het ek u aangesig te sien gekry soos ’n mens die aangesig van God sien, en u het behae in my gehad.
1 Samuel 16:22
Daarna het Saul na Ísai gestuur om te sê: Laat Dawid tog voor my staan, want hy het guns in my oë gevind.
Nehemia 2:4-5
Daarop vra die koning my: Wat is dan jou begeerte? En ek het tot die God van die hemel gebid en aan die koning gesê: As die koning dit goedvind en as u dienaar welgevallig is in u oë, stuur my dan na Juda, na die stad waar my vaders begrawe lê, dat ek dit kan opbou.
Spreuke 16:7
As die HERE behae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.

aangestel

Genesis 39:22
En die owerste van die gevangenis het almal wat in die gevangenis opgesluit was, aan Josef toevertrou; en alles wat daar te doen was, het hý gedoen.
Genesis 15:2
Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
Genesis 24:2
Toe sê Abraham aan sy dienaar, die oudste van sy huis wat die opsig gehad het oor al sy goed: Lê tog jou hand onder my heup,
Genesis 41:40-41
Jý moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen deur die troon sal ek groter wees as jy. Verder het Farao vir Josef gesê: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland.
Spreuke 14:35
Die welbehae van die koning is vir ’n verstandige dienaar, maar een wat skande maak, is ’n voorwerp van sy grimmigheid.
Spreuke 17:2
’n Verstandige dienaar sal heers oor ’n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.
Spreuke 22:29
Sien jy ’n man wat vaardig is in sy werk—hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.
Spreuke 27:18
Wie ’n vyeboom oppas, sal sy vrugte eet; en hy wat vir sy heer sorg, sal geëer word.
Handelinge 20:28
Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het.