Kruisverwysings → Genesis 39:19

Toe sy heer die woorde hoor waarmee sy vrou hom aanspreek: So en so het jou kneg aan my gedoen—het hy baie kwaad geword;

woorde hoor

Job 29:16
’n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.
Spreuke 18:17
Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.
Spreuke 29:12
’n Heerser wat luister na ’n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
Handelinge 25:16
En ek het hulle geantwoord dat dit nie by die Romeine gewoonte is om enige mens by wyse van guns aan die dood prys te gee voordat die beskuldigde die beskuldigers voor hom gehad het en geleentheid tot verdediging in verband met die beskuldiging gekry het nie.
2 Thessalonisense 2:11
En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,

kwaad geword

Genesis 4:5-6
maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang. En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
Spreuke 6:34-35
want jaloersheid is ’n toorngloed in ’n man, en op die dag van wraak verskoon hy nie; hy neem glad geen losprys in aanmerking nie, en hy willig nie in nie al maak jy die omkoopgeskenk nog so groot.
Hooglied 8:7
Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ’n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.