roep sy na haar huisgenote en sê aan hulle: Kyk, hy het vir ons ’n Hebreeuse man hier gebring om met ons gek te skeer; hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê, en ek het hard geskreeu;
En in die briewe het sy dit geskrywe: Roep ’n vasdag uit, en sit Nabot vooraan onder die volk; en sit twee manne, deugniete, teenoor hom, wat teen hom getuig en sê: Jy het God en die koning gevloek! Lei hom dan uit en stenig hom, dat hy sterwe. Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gewoon het, maak toe soos Isébel hulle laat weet het, soos geskrywe was in die briewe wat sy aan hulle gestuur het. Hulle het ’n vasdag uitgeroep en Nabot vooraan onder die volk gesit. Toe kom die twee manne, deugniete, en gaan sit teenoor hom; en die deugniete het teen hom, teen Nabot, voor die volk getuig en gesê: Nabot het God en die koning gevloek. Daarop lei hulle hom buitekant die stad uit en stenig hom, sodat hy gesterf het.
o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong! Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong? Skerp pyle van ’n held saam met gloeiende kole van besembosse.
’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie. ... ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.