Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee. ... En nadat sy met Josef dag ná dag gespreek het, en hy na haar nie wou luister om by haar te lê om met haar gemeenskap te hou nie,
En sy het hom gegryp en hom gesoen, met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê: Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal; daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry. Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne; ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel — kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste. Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan, die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom. Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok. Hy loop skielik agter haar aan soos ’n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot, totdat die pyl sy lewer splits; soos ’n voël haastig na die vangnet vlieg—sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is. Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond. Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie. Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is. Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.
En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.
Hoe smagtend is jou hart, spreek die Here HERE, dat jy al hierdie dinge gedoen het, die werk van ’n onbeskaamde hoer; dat jy jou verwulf by elke uitdraaiplek gebou en jou hoogte op elke plein gemaak het! Maar jy was nie eens soos ’n hoer nie, deurdat jy hoereloon gering geag het.
En ek het iets uitgevind bitterder as die dood: die vrou wat strikke is, haar hart nette, haar hande boeie; hy wat goed is voor die aangesig van God, sal van haar vryraak, maar die sondaar word deur haar gevang.
En ’n sekere jongman met ’n linnedoek om sy naakte lyf het Hom gevolg; en die jongmanne het hom gegryp; maar hy het die linnedoek laat staan en naak van hulle weggevlug.