Kruisverwysings → Genesis 39:11

kom hy eendag in die huis om sy werk te doen terwyl niemand van die huisgenote binne was nie.

niemand van die huisgenote binne was nie

Job 24:15
En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit ’n sluier voor sy gesig.
Spreuke 9:17
Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
Jeremia 23:24
Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.
Maleagi 3:5
En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal ’n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
Efésiërs 5:3,12
Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam; ... Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.