Maar hy het geweier en aan die vrou van sy heer gesê: Kyk, deur my is dit dat my heer geen kennis neem van wat in die huis is nie; en alles wat syne is, het hy aan my oorgegee.
Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie; want vir ’n hoer verval ’n mens tot ’n stuk brood, en ’n ander se vrou maak jag op ’n kosbare lewe.
sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei. ... En sy het hom gegryp en hom gesoen, met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
en sy sit by die deur van haar huis, op ’n stoel op die hoogtes van die stad, ... Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy: