Kruisverwysings → Genesis 38:9

Maar Onan het geweet dat die nageslag nie syne sou wees nie; daarom het hy, elke keer as hy by die vrou van sy broer ingaan, dit op die grond verderwe om vir sy broer geen nageslag te gee nie.

nageslag nie syne

Deuteronómium 25:6
en die eersgeborene wat sy baar, moet staan op naam van sy oorlede broer, dat sy naam nie uit Israel uitgedelg word nie.
Rut 1:11
Maar Naómi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my liggaam, dat hulle julle mans kan word?
Rut 4:10
En ook Rut, die Moabitiese, die vrou van Maglon, verwerf ek vir my as vrou om die naam van die dode oor sy erfdeel in stand te hou, sodat die naam van die dode onder sy broers en uit die poort van sy woonplek nie uitgeroei word nie. Julle is vandag getuies.

geen nageslag

Job 5:2
Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
Spreuke 27:4
Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
Titus 3:3
Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.
Jakobus 3:14,16
Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. ... want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
Jakobus 4:5
Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?