Kruisverwysings → Genesis 38:29

Maar toe hy sy hand teruggetrek het, word sy broer gebore! En sy sê: Hoe kragtig het jy deurgebreek! En hulle het hom Peres genoem.

Peres

Genesis 46:12
En die seuns van Juda: Er en Onan en Sela en Peres en Serag. Maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän; en die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
Númeri 26:20
En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete.
1 Kronieke 2:4
En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.
1 Kronieke 9:4
Útai, die seun van Ammíhud, die seun van Omri, die seun van Imri, die seun van Bani, van die seuns van Peres, die seun van Juda;
Nehemia 11:4,6
En in Jerusalem het van die kinders van Juda en van die kinders van Benjamin gewoon. Van die kinders van Juda: Atája, die seun van Ussía, die seun van Sagaría, die seun van Amárja, die seun van Sefátja, die seun van Mehaláleël, van die seuns van Peres; ... Al die seuns van Peres wat in Jerusalem gewoon het, was vierhonderd-agt-en-sestig, krygsmanne.
Mattheüs 1:3
en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram,
Lukas 3:33
die seun van Ammínadab, die seun van Ram, die seun van Hesron, die seun van Peres, die seun van Juda,