Toe trek sy die klere van haar weduweeskap uit en bedek haar met ’n sluier en draai haar toe; en sy het gaan sit by die ingang van Enaim wat op die pad na Timna lê. Want sy het gesien dat Sela groot geword het, maar sy was aan hom nie as vrou gegee nie.
het Joab na Tekóa gestuur en daarvandaan ’n skrander vrou laat haal en aan haar gesê: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie, maar hou jou soos ’n vrou wat al baie dae rou oor ’n dode. ... Toe vra die koning haar: Wat wil jy hê? En sy sê: Voorwaar, ek is ’n weduwee en my man is dood.