CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 38:18

En hy sê: Wat is die pand wat ek jou moet gee? Toe antwoord sy: Jou seëlring met die bandjie en jou staf wat in jou hand is. Hy gee dit toe aan haar en gaan by haar in, en sy het by hom swanger geword.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 38:18 in konteks →

seëlring

  1. Genesis 38:25-26

    25Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort. 26En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.

  2. Jeremia 22:24

    24So waar as Ek leef, spreek die HERE, al was Gonja, die seun van Jójakim, koning van Juda, ’n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,

  3. Lukas 15:22

    22Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ’n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.

gee dit toe

  1. Genesis 38:25-26

    25Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort. 26En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.

  2. Hoséa 4:11

    11Hoerery en wyn en mos neem die hart weg.