Kruisverwysings → Genesis 38:17

En hy antwoord: Ek sal jou ’n boklam van die kleinvee af stuur. Toe sê sy: As jy ’n pand gee totdat jy dit stuur.

boklam

Esegiël 16:33
Hulle gee geskenke aan al die hoere, maar jy het jou geskenke aan al jou minnaars gegee en hulle gifte aangebied om van alle kante na jou te kom in jou hoererye.

pand gee

Genesis 38:20,24-25
En Juda het die boklam gestuur deur middel van sy vriend, die Adullamiet, om die pand uit die hand van die vrou te gaan haal. Maar hy het haar nie gevind nie. ... Ná omtrent drie maande het hulle Juda laat weet en gesê: Tamar, jou skoondogter, het gehoereer, en sy is ook swanger deur hoerery! En Juda sê: Bring haar uit, dat sy verbrand kan word. Terwyl sy uitgebring word, laat sy haar skoonvader dit weet: By die man aan wie hierdie dinge behoort, is ek swanger. En sy het gesê: Kyk tog mooi aan wie hierdie seëlring en bandjies en staf behoort.
Spreuke 20:16
Neem sy kleed weg, want hy het vir ’n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.
Lukas 16:8
En die heer het die onregverdige bestuurder geprys, omdat hy verstandig gehandel het; want die kinders van hierdie wêreld is verstandiger teenoor hulle geslag as die kinders van die lig.