Kruisverwysings → Genesis 38:16

en hy het na haar uitgedraai by die pad en gesê: Kom tog, laat my by jou ingaan; want hy het nie geweet dat dit sy skoondogter was nie. En sy vra: Wat sal jy my gee as jy by my ingaan?

Kom tog

2 Samuel 13:11
Terwyl sy dit nader bring na hom om te eet, het hy haar gegryp en vir haar gesê: Kom lê by my, my suster!

Wat sal jy my gee

Deuteronómium 23:18
Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte-offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God ’n gruwel.
Esegiël 16:33
Hulle gee geskenke aan al die hoere, maar jy het jou geskenke aan al jou minnaars gegee en hulle gifte aangebied om van alle kante na jou te kom in jou hoererye.
Mattheüs 26:15
en sê: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg.
1 Timótheüs 6:10
Want die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.