Kruisverwysings → Genesis 37:3

En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom ’n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ’n lang rok met moue gemaak.

liefgehad

Johannes 3:35
Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
Johannes 13:22-23
En die dissipels het na mekaar begin kyk, in twyfel omtrent die een van wie Hy dit sê. En een van sy dissipels, hy vir wie Jesus liefgehad het, het aan tafel teen die bors van Jesus gelê.

seun van die ouderdom

Genesis 44:20-30
En ons het my heer geantwoord: Ons het ’n ou vader; en daar is ’n jong seun, ’n kind van die ouderdom, maar sy broer is dood; en hy het alleen oorgebly van sy moeder, en sy vader het hom lief. Toe het u aan u dienaars gesê: Bring hom af na my toe, dat ek my oog op hom kan rig. En ons het my heer geantwoord: Die seun kan sy vader nie verlaat nie, want sy vader sal sterwe as hy hom verlaat. Daarop het u aan u dienaars gesê: As julle jongste broer nie saam met julle afkom nie, sal julle my aangesig nie weer sien nie. En toe ons na u dienaar, my vader, opgetrek het en hom die woorde van my heer te kenne gegee het, het ons vader gesê: Gaan koop weer vir ons ’n bietjie voedsel. Maar ons het gesê: Ons kan nie aftrek nie. As ons jongste broer by ons is, sal ons aftrek; want ons mag die aangesig van die man nie sien as ons jongste broer nie by ons is nie. En u dienaar, my vader, het aan ons gesê: Júlle weet dat my vrou vir my twee gebaar het— die een het van my af weggegaan, en ek het gesê: Voorwaar, hy is verskeur, verskeur! En ek het hom tot hiertoe nie gesien nie. As julle nou hierdie een ook van my af wegneem en hom ’n ongeluk oorkom, dan sal julle my grys hare met droefenis in die doderyk laat afdaal. As ek dan nou by u dienaar, my vader, kom en die seun nie by ons is nie—terwyl sy siel innig aan hom verkleef is—

lang rok met moue

Genesis 37:23,32
En toe Josef by sy broers kom, trek hulle Josef se rok uit, die rok met lang moue wat hy aangehad het, ... en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie.
Rigters 5:30
Hulle het seker buit gevind en verdeel dit: een slavin, twee slavinne vir elke man; ’n buit van bont klere vir Sísera, ’n buit van bont klere, veelkleurige; ’n bont doek, twee veelkleuriges as buit vir my hals.
2 Samuel 13:18
En sy het ’n lang rok met moue aangehad, want sulke mantels het die koninklike dogters wat maagde was, gedra. Toe sy bediende haar buitentoe uitgebring en die deur agter haar toegesluit het,
Psalms 45:14-15
Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding. In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
Esegiël 16:16
En jy het van jou klere geneem en vir jou kleurige hoogtes gemaak en op hulle gehoereer—dinge wat nie voorgekom het nie en nie moet wees nie.