skeur hy sy klere
- Genesis 37:34
34Toe skeur Jakob sy klere en trek ’n roukleed om sy heupe, en hy het oor sy seun gerou, baie dae lank.
- Genesis 34:13
13Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog—hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het—
- Númeri 14:6
6En Josua, die seun van Nun, en Kaleb, die seun van Jefúnne, twee van die wat die land verken het, het hulle klere geskeur
- Rigters 11:35
35En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jý stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie.
- 2 Konings 19:1
1EN toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met ’n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.
- Job 1:20
20Toe staan Job op en skeur sy mantel, en hy het sy hoof geskeer en in aanbidding op die grond geval
- Joël 2:13
13En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;
- Handelinge 14:14
14Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep