En toe Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put uit opgetrek en uitgehaal en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer. En húlle het Josef na Egipte gebring.
Daarna het hulle gaan sit om brood te eet; en toe hulle hul oë opslaan, sien hulle meteens ’n reisgeselskap Ismaeliete wat uit Gílead kom—hulle kamele gelaai met speserye en balsem en gom—op pad om dit na Egipte af te bring.
En die naam van die Midianitiese vrou wat verslaan is, was Kosbi, die dogter van Sur. Hy was stamhoof van ’n familie in Mídian. ... Behandel die Midianiete as vyand en verslaan hulle,
Neem wraak vir die kinders van Israel op die Midianiete; daarna sal jy by jou volksgenote versamel word. Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van die HERE aan Mídian te voltrek. ... Ook het hulle die konings van Mídian gedood by die wat hulle verslaan het: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vyf konings van Mídian; ook het hulle Bíleam, die seun van Beor, met die swaard gedood. Maar die kinders van Israel het die vroue van die Midianiete en hulle kinders as gevangenes weggevoer, en al hulle lasdiere en al hulle vee en al hulle rykdom geroof.
MAAR toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank. En die Midianiete het die oorhand oor Israel gekry; vanweë die Midianiete het die kinders van Israel vir hulle die slote gemaak wat op die berge is, en die gate en die bergvestings. Want as Israel gesaai het, dan trek die Midianiete en Amalekiete en die kinders van die Ooste uit, en trek teen hulle op,
’n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.
Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het. Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur.
Daarop sê ek vir hulle: As dit goed is in julle oë, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer. Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker—die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi.
Toe is vervul wat gespreek is deur Jeremia, die profeet, toe hy gesê het: En hulle het die dertig silwerstukke geneem, die prys van die gewaardeerde wat hulle gewaardeer het vanweë die kinders van Israel;