U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes. ... U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.
Toe neem hulle Jeremia en gooi hom in die put van Malkía, die seun van die koning, wat in die voorhof van bewaking was; en hulle het Jeremia met toue laat afsak. En in die put was geen water nie, maar modder; en Jeremia het in die modder gesak.
Sade. Hulle het my soos ’n voël rondgejaag, die wat sonder oorsaak my vyande is; hulle het my lewe in ’n kuil tot niet gemaak en klippe op my gegooi. Water het oor my hoof gestroom, ek het gesê: Dit is klaar met my! Kof. Ek roep u Naam aan, HERE, uit die onderste kuil.