En Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns; want hy was vir hom ’n seun van die ouderdom; en hy het vir hom ’n lang rok met moue gemaak. ... Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ’n bok en steek die rok in die bloed, en hulle stuur die lang rok weg en laat dit na hulle vader bring met die woorde: Dit het ons gevind. Kyk tog goed of dit die rok van u seun is of nie. En hy het dit herken en gesê: Die rok van my seun! ’n Wilde dier het hom opgeëet. Verskeur, verskeur is Josef!
Toe sê hulle vir mekaar: Voorwaar, ons boet nou vanweë ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie—daarom kom hierdie benoudheid oor ons.