Genesis 37:19
En hulle het vir mekaar gesê: Daar kom daardie dromer aan!
General
Genesis 37:5,11
Ook het Josef ’n droom gehad wat hy aan sy broers vertel het. Daaroor het hulle hom nog meer gehaat. ... En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou.
Genesis 28:12
En hy het gedroom—daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.
Genesis 49:23
Die boogskutters het hom wel geprikkel en hom beskiet en hom bestry,