Kruisverwysings → Genesis 37:18

En hulle het hom van ver af gesien. Maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak.

raad gehou teen hom

1 Samuel 19:1
DAARNA het Saul met sy seun Jónatan en met al sy dienaars gespreek om Dawid dood te maak; maar Jónatan, die seun van Saul, het baie van Dawid gehou;
Psalms 31:14
Want ek het die skindertaal van baie gehoor—skrik rondom!—terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.
Psalms 37:12,32
Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom. ... Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.
Psalms 94:21
Hulle bestorm die lewe van die regverdige en veroordeel onskuldige bloed.
Psalms 105:25
Hy het hulle hart verander, om sy volk te haat, om listig teen sy knegte te handel.
Psalms 109:4
Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.
Mattheüs 21:38
Maar toe die landbouers die seun sien, het hulle onder mekaar gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak en sy erfdeel in besit neem.
Mattheüs 27:1
EN toe dit dag geword het, het al die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak.
Markus 12:7
Maar daardie landbouers het by hulleself gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, en die erfdeel sal ons s’n wees.
Markus 14:1
EN die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.
Lukas 20:14-15
Maar toe die landbouers hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer en gesê: Dit is die erfgenaam; kom laat ons hom doodmaak, sodat die erfdeel ons s’n kan wees. En hulle het hom uit die wingerd gewerp en hom doodgemaak. Wat sal die eienaar van die wingerd dan aan hulle doen?
Johannes 11:53
Van dié dag af het hulle toe saam beraadslaag om Hom om die lewe te bring.
Handelinge 23:12
EN toe dit dag geword het, het sommige van die Jode saamgespan en hulleself vervloek deur te sê dat hulle nie sou eet of drink totdat hulle Paulus doodgemaak het nie.