Kruisverwysings → Genesis 37:16

En hy antwoord: Ek soek my broers. Vertel my tog waar hulle die vee oppas.

soek

Lukas 19:10
Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

Vertel my tog

Hooglied 1:7
Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met ’n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?