Kruisverwysings → Genesis 37:11

En sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou.

afgunstig

Genesis 26:14-16
hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het. En al die putte wat die dienaars van sy vader in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dié het die Filistyne toegestop en met grond opgevul. Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons veels te magtig geword.
Psalms 106:16
En hulle was in die laer afgunstig op Moses, op Aäron, die heilige van die HERE.
Prediker 4:4
Verder het ek gesien dat al die moeitevolle arbeid en al die bekwaamheid by die werk naywer is van die een teenoor die ander. Ook dit is tevergeefs en ’n gejaag na wind.
Jesaja 11:13
Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie.
Jesaja 26:11
HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
Mattheüs 27:18
Want hy het geweet dat hulle Hom uit nydigheid oorgelewer het.
Markus 15:10
Want hy het geweet dat die owerpriesters Hom uit nydigheid oorgelewer het.
Handelinge 7:9
En die aartsvaders was jaloers op Josef en het hom verkoop na Egipte toe; maar God was met hom
Handelinge 13:45
Maar toe die Jode die skare sien, is hulle met nydigheid vervul en het met lasterlike woorde weerspreek wat deur Paulus gesê is.
Galásiërs 5:21
afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie.
Titus 3:3
Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op ’n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.
Jakobus 3:14-16
Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie. Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels; want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.
Jakobus 4:5
Of meen julle dat die Skrif tevergeefs sê: Met jaloersheid begeer die Gees wat in ons woon?

in gedagte gehou

Genesis 24:31
en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?
Daniël 7:28
Hier is die einde van die saak. Wat my, Daniël, betref, my gedagtes het my baie verskrik en my gelaatskleur het verander aan my, maar die saak het ek in my hart bewaar.
Lukas 2:19,51
maar Maria het al hierdie woorde bewaar en in haar hart oordink. ... En Hy het saam met hulle gegaan en in Násaret gekom, en Hy was hulle onderdanig. En sy moeder het al hierdie dinge in haar hart bewaar.