begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie ’n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as ’n besitting gegee.
en aan Isak het Ek Jakob en Esau gegee, en aan Esau het Ek die gebergte Seïr gegee, om dit in besit te neem; maar Jakob en sy kinders het na Egipte afgetrek.
Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyfhonderd man getrek na die gebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ússiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof.
En hier is nou die kinders van Ammon en Moab en die mense van die gebergte Seïr, onder wie U Israel nie toegestaan het om te trek by hulle koms uit Egipteland nie; want hulle het van hulle weggedraai en hulle nie verdelg nie. ... Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.
Mensekind, rig jou aangesig teen die berg Seïr en profeteer teen hom. En sê vir hom: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o berg Seïr! En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou ’n wildernis en ’n woesteny maak. Ek sal jou stede ’n puinhoop maak, en jy self sal ’n wildernis word; en jy sal weet dat Ek die HERE is. Omdat jy ’n ewige vyandskap koester en die kinders van Israel in die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle onheil, in die tyd van uiteindelike afrekening, daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek sal jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg. En Ek sal die berg Seïr ’n woesteny en ’n wildernis maak, en uit hom uitroei die wat deurtrek en wat terugkom.