Kruisverwysings → Genesis 36:7

want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.

besittings

Genesis 13:6,11
En die land kon hulle nie dra om saam te woon nie, want hulle besittings was groot, sodat hulle nie saam kon woon nie. ... En Lot het vir hom die hele Jordaanstreek gekies, en Lot het na die ooste getrek. So het hulle dan die een van die ander geskei.

land van hulle vreemdelingskap

Genesis 17:8
En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ’n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ’n God wees.
Genesis 28:4
En mag Hy jou gee die seën van Abraham, aan jou en jou nageslag saam met jou, dat jy die land van jou vreemdelingskap in besit kan neem wat God aan Abraham gegee het.