CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 36:43

die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 36:43 in konteks →

stamhoofde van Edom

  1. Genesis 36:15,18-19,30-31

    15Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas, … 18En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau. 19Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom. … 30die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr. 31En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar ’n koning geregeer het oor die kinders van Israel:

  2. Eksodus 15:15

    15Toe is die stamhoofde van Edom verskrik, bewing het die magtiges van Moab aangegryp. Al die inwoners van Kanaän het gebewe.

  3. Númeri 20:14

    14Daarna het Moses uit Kades boodskappers na die koning van Edom gestuur: So sê jou broer Israel: Jy weet self al die moeilikheid wat ons oorgekom het.

besitting

  1. Genesis 36:7-8

    7want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie. 8En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.

  2. Genesis 25:12

    12En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het—

  3. Deuteronómium 2:5

    5begeef julle nie in die oorlog teen hulle nie, want Ek sal julle van hulle land selfs nie ’n voetbreed gee nie; want Ek het aan Esau die gebergte Seïr as ’n besitting gegee.

stamvader

  1. Genesis 25:30

    30Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.

  2. Genesis 45:8

    8Júlle het my dan nou nie hierheen gestuur nie, maar God; en Hy het my ’n raadsman van Farao gemaak en ’n gebieder oor sy hele huis en ’n regeerder in die hele Egipteland.

  3. 1 Kronieke 4:14

    14En Meonótai was die vader van Ofra, en Serája van Joab, die vader van die Handwerkersdal, want hulle was ambagsmanne.