Kruisverwysings → Genesis 36:25

En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.

Ana

Genesis 36:2,5,14,18
Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet; ... En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän. ... En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau—sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag. ... En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
1 Kronieke 1:41
Die seuns van Ana was: Dison; en die seuns van Dison was: Hamran en Esban en Jitran en Keran.