gekry
- Levitikus 19:19
19Julle moet my insettinge hou. Twee soorte van jou vee mag jy nie laat paar nie. Jou akker moet jy nie met twee soorte saad besaai nie. En ’n kleed van twee soorte goed, van gemengde stof, mag nie op jou kom nie.
- Deuteronómium 2:10
10Die Emiete het tevore daarin gewoon, ’n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete.
- 2 Samuel 13:29
29En die dienaars van Absalom het met Amnon gedoen soos Absalom hulle beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan, en hulle het elkeen op sy muil geklim en gevlug.
- 2 Samuel 18:9
9En die dienaars van Dawid het Absalom onverwags aangetref terwyl Absalom op ’n muil ry; en toe die muil onder die digte takke van ’n groot terpentynboom ingaan, het sy hoof in die terpentynboom vasgehaak, sodat hy tussen hemel en aarde bly hang het, terwyl die muil onder hom wegloop.
- 1 Konings 1:38,44
38Toe het Sadok, die priester, afgegaan saam met Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en die Kreti en die Pleti, en hulle het Salomo laat ry op die muil van koning Dawid en hom na Gihon gebring. … 44En die koning het Sadok, die priester, en Natan, die profeet, en Benája, die seun van Jójada, en die Kreti en die Pleti met hom saam gestuur, en hulle het hom op die koning se muil laat ry;
- 1 Konings 4:28
28En die gars en die strooi vir die perde en die renperde het hulle gebring op die plek waar dit moes wees, elkeen volgens sy orde.
- Sagaría 14:15
15En soos hierdie plaag is, sal die plaag wees van die perde, die muile, die kamele en die esels en van al die diere wat in daardie laers is.