Kruisverwysings → Genesis 36:15

Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,

stamhoofde

Genesis 36:18
En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
1 Kronieke 1:35
die seuns van Esau: Élifas, Réhuel en Jehus en Jáelam en Korag.

Élifas

Job 21:8
Hulle nakomelinge bestaan voor hulle, in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.
Psalms 37:35
Resj. Ek het die goddelose gesien, ’n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ’n groen inlandse boom.

stamhoof Teman

Genesis 36:4,11-12
En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel. ... En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas. En Timna was ’n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Ámalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
1 Kronieke 1:36,45,51-54
Die seuns van Élifas was: Teman en Omar, Sefi en Gáetam, Kenas en Timna en Ámalek. ... En Jobab het gesterwe, en Husam, uit die land van die Temaniete, het in sy plek geregeer. ... Toe Hadad gesterf het, was die vorste van Edom: die vors Timna, die vors Alja, die vors Jetet, die vors Oholibáma, die vors Ela, die vors Pinon, die vors Kenas, die vors Teman, die vors Mibsar, die vors Mágdiël, die vors Iram; dit was die vorste van Edom.
Job 2:11
EN toe die drie vriende van Job hoor van al hierdie onheile wat hom getref het, het hulle gekom, elkeen uit sy woonplek: Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet; en hulle het volgens afspraak byeengekom om hom hul deelneming te betuig en hom te troos.
Job 4:1
TOE antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:
Jeremia 49:7,20
OOR Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput? ... Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
Esegiël 25:13
daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit ’n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
Amos 1:12
Daarom sal Ek ’n vuur slinger in Teman, en dit sal die paleise van Bosra verteer.
Obadja 1:9
En jou helde sal verskrik wees, o Teman, sodat elkeen deur moord uit die gebergte van Esau uitgeroei sal word.
Habakuk 3:3
God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.