Kruisverwysings → Genesis 35:8

En Debora, die oppasser van Rebekka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween.

Rebekka

Genesis 24:59
Daarop het hulle Rebekka, hulle suster, en haar oppasser laat trek saam met die dienaar van Abraham en sy manne.

eikeboom

1 Samuel 31:13
En hulle het hul gebeente geneem en onder die tamarisk in Jabes begrawe en sewe dae lank gevas.

Eik van geween

Rigters 2:1,5
TOE trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met ’n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie; ... en hulle het dié plek Bogim genoem en daar aan die HERE geoffer.