Kruisverwysings → Genesis 35:7

en hy het daar ’n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.

altaar gebou

Genesis 35:1,3
DAARNA het God vir Jakob gesê: Maak jou klaar, trek op na Bet-el en woon daar; en bou daar ’n altaar vir die God wat aan jou verskyn het toe jy op die vlug was vir jou broer Esau. ... en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.
Prediker 5:3-4
As jy ’n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe. Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie.

El Bet-el

Genesis 28:13,19,22
En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee; ... En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus. ... En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal ’n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.
Eksodus 17:15
En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.
Rigters 6:24
Toe bou Gídeon daar ’n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.
Esegiël 48:35
rondom agttienduisend el; en die naam van die stad sal van vandag af wees: Die HERE is daar!