en laat ons klaarmaak en optrek na Bet-el; en ek sal daar ’n altaar bou vir die God wat my geantwoord het op die dag van my benoudheid en by my was op die weg wat ek gegaan het.
En hy het gedroom—daar is ’n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het. En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;
Toe het Jakob baie bevrees en benoud geword, en hy het die mense wat by hom was, sowel as die kleinvee en beeste en kamele in twee laers verdeel; ... Maar Jakob het alleen agtergebly, en ’n Man het met hom geworstel tot dagbreek.
VIR die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ’n Lied. God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
’N PSALM van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ’n arend.
Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid; uit hul angste het Hy hulle gered. ... Laat hulle die HERE loof om sy goedertierenheid en om sy wonderdade aan die mensekinders;
EK het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge, want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. ... Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak. Ek sal U ’n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep. Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,
Maak oop vir my die poorte van die geregtigheid; ek wil daardeur ingaan, ek wil die HERE loof. Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan. Ek wil U loof, omdat U my verhoor het en my tot heil geword het. Die steen wat die bouers verwerp het, het ’n hoeksteen geword.
Want ’n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
En Jakob het ’n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees. ... As die God van my vader, die God van Abraham en die Vrees van Isak, nie aan my kant was nie—ja, dan sou u my met leë hande weggestuur het. God het my ellende en die moeitevolle arbeid van my hande aangesien en verlede nag geoordeel.
As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere—hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie.