seuns van Silpa
- Genesis 30:9-13
9En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou. 10En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ’n seun gebaar. 11Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem. 12Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob ’n tweede seun gebaar. 13Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.
- Genesis 46:16-18
16En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli. 17En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël. 18Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.
Paddan-Aram
- Genesis 35:18
18En toe haar siel uitgaan—want sy het gesterwe—noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
- Genesis 25:20
20En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
- Genesis 28:2
2Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.
- Genesis 31:18
18en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.