Kruisverwysings → Genesis 35:26

En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is.

seuns van Silpa

Genesis 30:9-13
En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou. En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ’n seun gebaar. Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem. Daarna het Silpa, die slavin van Lea, vir Jakob ’n tweede seun gebaar. Toe sê Lea: Ek, gelukkige! want die dogters sal my gelukkig prys. En sy het hom Aser genoem.
Genesis 46:16-18
En die seuns van Gad: Sifjon en Haggi, Suni en Esbon, Eri en Aródi en Areëli. En die seuns van Aser: Jimna en Jiswa en Jiswi en Bería en Serag, hulle suster; en die seuns van Bería: Heber en Málkiël. Dit is die seuns van Silpa wat Laban aan sy dogter Lea gegee het; en sy het vir Jakob hierdie sestien siele gebaar.

Paddan-Aram

Genesis 35:18
En toe haar siel uitgaan—want sy het gesterwe—noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
Genesis 25:20
En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.
Genesis 28:2
Maak jou klaar, gaan na Paddan-Aram, na die huis van Bétuel, jou moeder se vader, en gaan haal vir jou daar ’n vrou uit die dogters van Laban, jou moeder se broer.
Genesis 31:18
en hy voer al sy vee weg en al sy goed wat hy versamel het, die vee wat syne was, wat hy in Paddan-Aram versamel het, om te gaan na sy vader Isak in die land Kanaän.