Kruisverwysings → Genesis 35:25

En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali.

seuns van Bilha

Genesis 30:4-8
Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee, en Jakob het by haar ingegaan. En Bilha het swanger geword en vir Jakob ’n seun gebaar. Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ’n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem. En Bilha, die slavin van Ragel, het weer bevrug geword en vir Jakob ’n tweede seun gebaar. Toe sê Ragel: Ek het bomenslike worstelinge met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.
Genesis 37:2
Dit is die geskiedenis van Jakob. Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers—hy was nog jonk—met die seuns van Bilha en die seuns van Silpa, die vroue van sy vader. En Josef het die slegte gerug oor hulle na hulle vader oorgebring.
Genesis 46:23-25
En die seuns van Dan: Husim. En die seuns van Náftali: Jágseël en Guni en Jeser en Sillem. Dit is die seuns van Bilha wat Laban aan sy dogter Ragel gegee het; en sy het hulle vir Jakob gebaar, almal saam sewe siele.