Kruisverwysings → Genesis 35:24

Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin.

seuns van Ragel

Genesis 35:16-18
Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ’n kort ent pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het dit swaar gehad by die bevalling. En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook ’n seun vir u. En toe haar siel uitgaan—want sy het gesterwe—noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem.
Genesis 30:22-24
En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen: sy het bevrug geword en ’n seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem. En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my ’n ander seun daar byvoeg!
Genesis 46:19-22
Die seuns van Ragel, die vrou van Jakob: Josef en Benjamin. En vir Josef is in Egipteland gebore Manasse en Efraim wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het. En die seuns van Benjamin: Bela en Beger en Asbel, Gera en Naäman, Egi en Ros, Muppim en Huppim en Ard. Dit is die seuns van Ragel wat vir Jakob gebore is, almal saam veertien siele.