CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 35:19

So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 35:19 in konteks →

Ragel dan gesterwe

  1. Genesis 48:7

    7En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog ’n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.

Betlehem

  1. Josua 19:15

    15en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.

  2. Rut 1:2

    2En die naam van die man was Eliméleg en die naam van sy vrou Naómi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly.

  3. Rut 4:11

    11Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van Israel gebou het; en verwerf mag in Éfrata en maak ’n naam in Betlehem!

  4. Miga 5:1

    1EN jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.

  5. Miga 6:2

    2Hoor, berge, die twis van die HERE! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die HERE het ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou.

  6. Mattheüs 2:1,6,18

    1EN toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom … 6En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ’n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees. … 18’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.