Kruisverwysings → Genesis 35:19

So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem.

Ragel dan gesterwe

Genesis 48:7
En toe ek van Paddan gekom het, het Ragel by my gesterwe in die land Kanaän, op die reis toe daar nog ’n kort ent pad was om by Efrat te kom; en ek het haar daar begrawe langs die pad na Efrat, dit is Betlehem.

Betlehem

Josua 19:15
en Kattat en Náhalal en Simron en Jídeala en Betlehem: twaalf stede met hulle dorpe.
Rut 1:2
En die naam van die man was Eliméleg en die naam van sy vrou Naómi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly.
Rut 4:11
Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van Israel gebou het; en verwerf mag in Éfrata en maak ’n naam in Betlehem!
Miga 5:1
EN jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ’n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
Miga 6:2
Hoor, berge, die twis van die HERE! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die HERE het ’n twis met sy volk en sal met Israel ’n regsgeding hou.
Mattheüs 2:1,6,18
EN toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom ... En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ’n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ’n herder sal wees. ... ’n Stem is in Rama gehoor: rouklag en geween en groot gekerm; Ragel beween haar kinders en wil nie vertroos word nie, omdat hulle daar nie meer is nie.