Kruisverwysings → Genesis 35:17

En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want dit is ook ’n seun vir u.

Wees nie bevrees nie

Genesis 30:24
En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my ’n ander seun daar byvoeg!
1 Samuel 4:19-21
En sy skoondogter, die vrou van Pínehas, was vér heen in haar swangerskap. Toe sy dan die tyding hoor dat die ark van God geneem is, en dat haar skoonvader en haar man gesterf het, het sy haar krom gebuig en gebaar, want haar barensweë het haar oorval. En terwyl sy op sterwe lê, sê die vroue wat by haar staan: Wees nie bevrees nie, want jy het ’n seun gebaar; maar sy het nie geantwoord en dit nie ter harte geneem nie, maar die seuntjie Íkabod genoem en gesê: Weggevoer is die eer uit Israel—met die oog op die wegneming van die ark van God en met die oog op haar skoonvader en haar man.