gedenksteen opgerig
- Genesis 35:20
20En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.
- Genesis 28:18-19
18Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ’n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet. 19En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.
- Eksodus 17:15
15En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.
- 1 Samuel 7:12
12Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.