Kruisverwysings → Genesis 35:14

En Jakob het ’n gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ’n gedenksteen van klip, en daarop ’n drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi.

gedenksteen opgerig

Genesis 35:20
En Jakob het ’n gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe.
Genesis 28:18-19
Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as ’n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet. En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.
Eksodus 17:15
En Moses het ’n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier.
1 Samuel 7:12
Toe het Samuel ’n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.