God van hom af opgevaar
- Genesis 11:5
5Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.
- Genesis 17:22
22En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af opgevaar.
- Genesis 18:33
33En die HERE het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.
- Rigters 6:21
21Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.
- Rigters 13:20
20toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.
- Lukas 24:31
31Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken, en Hy het uit hulle gesig verdwyn.