siel het verkleef geraak
- Rut 1:14
14Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.
- 1 Samuel 18:1
1EN nadat hy sy gesprek met Saul beëindig het, het die siel van Jónatan verkleef geraak aan die siel van Dawid, en Jónatan het hom liefgekry soos sy eie siel.
na die hart van die dogter gespreek
- 2 Samuel 19:7
7Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die HERE—as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u ’n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.
- 2 Kronieke 30:22
22En Jehiskía het na die hart van al die Leviete gespreek wat deeglike kennis geopenbaar het in die saak van die HERE; en hulle het die feesoffer sewe dae lank geëet, terwyl hulle dankoffers geslag en die HERE, die God van hulle vaders, geloof het.
- Jesaja 40:2
2Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.
- Hoséa 2:13
13Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek.