Kruisverwysings → Genesis 34:28

Hulle kleinvee en hulle beeste en hulle esels—wat in die stad en in die veld was—het hulle weggeneem.

Hulle kleinvee en hulle beeste

Númeri 31:17
Maak dan nou dood almal wat van die manlike geslag onder die kinders is; en maak dood elke vrou wat gemeenskap met ’n man gehad het.
Deuteronómium 8:17-18
en jy in jou hart dink: My krag en die sterkte van my hand het vir my hierdie rykdom verwerwe. Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met ’n eed beloof het, soos dit vandag is.
Job 1:15-16
het die Sabeërs ’n inval gedoen en dit weggeroof, en hulle het die dienaars met die skerpte van die swaard verslaan; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel. Terwyl dié een nog spreek, kom daar ’n ander een en sê: Die vuur van God het van die hemel geval en gebrand onder die kleinvee en onder die dienaars, en dit het hulle verteer; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
Job 20:5
dat die gejubel van die goddelose kort van duur is en die vreugde van die roekelose net vir ’n oomblik?