Kruisverwysings → Genesis 34:20

Toe gaan Hemor en sy seun Sigem na die poort van hulle stad, en hulle spreek met die manne van hul stad en sê:

poort

Genesis 22:17
dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem.
Genesis 23:10
En Efron het tussen die seuns van Het gesit. Toe antwoord Efron, die Hetiet, vir Abraham voor die ore van die seuns van Het, van almal wat in die poort van sy stad ingegaan het:
Deuteronómium 17:5
dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring—die man of die vrou—en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.
Rut 4:1
EN Boas het opgegaan na die poort en daar gaan sit. En toe die losser juis daar verbygaan van wie Boas gespreek het, sê hy: Vriend, kom nader, en sit hier! En hy het nader gekom en gaan sit.
Job 29:7
Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,
Spreuke 31:23
Noen. Haar man is bekend in die poorte as hy saam met die oudstes van die land sit.
Amos 5:10,12,15
Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het ’n afsku van hom wat in opregtheid spreek. ... Want Ek weet dat julle oortreding menigvuldig en julle sondes geweldig is, julle wat die vyande is van die regverdige, wat omkoopgeld aanneem en die behoeftiges wegstoot in die poort. ... Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort—miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
Sagaría 8:16
Dit is die dinge wat julle moet doen: Spreek die waarheid met mekaar; beoefen waarheid en ’n regspraak van vrede in julle poorte!