Genesis 34:2
Toe Sigem, die seun van Hemor, die Hewiet, die vors van die land, haar sien, het hy haar gegryp en met haar gemeenskap gehad en haar onteer.
General
Genesis 10:17
en die Hewiete en Arkiete en Siniete
Genesis 33:19
en die stuk grond gekoop waar hy sy tent opgeslaan het, van die seuns van Hemor, die vader van Sigem, vir honderd geldstukke.
General
Genesis 6:2
sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het.
Genesis 39:6-7
En hy het alles wat syne was, aan Josef oorgelaat, sodat hy met sy hulp van niks kennis geneem het nie as net van die brood wat hy geëet het. En Josef was skoon van gestalte en mooi van aansien. Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my.
Rigters 14:1
TOE Simson afgegaan het na Timna, sien hy in Timna ’n vrou uit die dogters van die Filistyne;
2 Samuel 11:2
En teen die aand, toe Dawid van sy bed opgestaan het en op die dak van die paleis wandel, sien hy van die dak af ’n vrou wat besig was om ’n bad te neem; en die vrou was baie mooi van aansien.
Job 31:1,9
EK het ’n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op ’n jonkvrou? ... As my hart verlok was oor ’n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste —
Spreuke 13:20
Gaan met die wyse om, dan word jy wys; maar hy wat met dwase verkeer, versleg.
Mattheüs 5:28
Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het.
General
Genesis 20:2
En Abraham het van Sara, sy vrou, gesê: Sy is my suster. Toe laat Abiméleg, die koning van Gerar, Sara haal.
General
Deuteronómium 21:14
En as jy geen behae in haar het nie, moet jy haar volgens haar begeerte laat gaan; maar jy mag haar glad nie vir geld verkoop nie; jy mag haar nie hard behandel nie, omdat jy haar onteer het.
Deuteronómium 22:24,29
dan moet julle hulle twee na die poort van dié stad uitbring en hulle stenig, dat hulle sterwe; die dogter, omdat sy in die stad nie geskreeu het nie, en die man, omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei. ... dan moet die man wat met haar gemeenskap gehad het, die vader van die dogter vyftig sikkels silwer gee; en sy moet sy vrou wees, omdat hy haar onteer het; hy mag haar nie verstoot solank as hy lewe nie.
Rigters 19:24-25
Hier is my dogter wat ’n jongmeisie is, en sy byvrou; laat ek hulle uitbring, onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë, maar aan hierdie man mag julle so ’n skanddaad nie begaan nie. Toe die manne nie na hom wou luister nie, gryp die man sy byvrou en bring haar uit na hulle daarbuite; en hulle het haar beken en die hele nag deur haar mishandel, tot die môre toe, en haar laat loop toe die rooidag uitkom.
Esegiël 22:10-11
Hulle het die skaamte van die vader in jou ontbloot; haar wat onrein was deur maandelikse onreinheid, het hulle in jou onteer. Die een het ’n gruwelike ding gedoen met die vrou van sy naaste, en die ander het sy skoondogter verontreinig deur ’n skandelike daad, en ’n derde het in jou sy suster, sy vader se dogter, onteer.