Kruisverwysings → Genesis 34:19

En die jongman het nie versuim om dit te doen nie, want hy het sin gehad in die dogter van Jakob, en hy was die mees geëerde in die hele huis van sy vader.

sin gehad

Genesis 29:20
So het Jakob dan sewe jaar gedien vir Ragel; en hulle was in sy oë soos ’n paar dae, omdat hy haar liefgehad het.
Hooglied 8:6
Dra my soos ’n seëlring op u hart, soos ’n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ’n gloed van vuur, ’n vlam van die HERE.
Jesaja 62:4
Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die HERE het ’n behae in jou, en jou land sal getroud wees.

geëerde

Genesis 41:20
En die maer en lelike koeie het die sewe eerste vet koeie opgeëet;
Númeri 22:15
Daarop stuur Balak nog weer vorste wat meer en aansienliker was as die ander;
1 Samuel 22:14
Toe antwoord Ahiméleg die koning en sê: Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis?
2 Konings 5:1
EN Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was ’n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het die HERE aan die Arameërs ’n oorwinning gegee; en die man was ’n dapper held, maar melaats.
1 Kronieke 4:9
En Jabes was meer geëerd as sy broers; en sy moeder het hom Jabes genoem en gesê: Ek het met smart gebaar.
Jesaja 3:3-5
die owerste oor vyftig en die aansienlike en die raadsman en die knap ambagsman en die ervare besweerder. En Ek sal seuns hulle vorste maak, en moedswilliges sal oor hulle heers. En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop.
Jesaja 5:13
Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.
Jesaja 23:8-9
Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie se handelaars die edeles van die aarde was? Die HERE van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.
Handelinge 13:50
Maar die Jode het die godsdienstige en aansienlike vroue en die vernaamste mense van die stad opgehits en teen Paulus en Bárnabas ’n vervolging in die lewe geroep en hulle buite hul gebied verdryf.
Handelinge 17:12
Baie van hulle het dan ook gelowig geword, en van die aansienlike Grieke ’n groot aantal, vroue en manne.