Kruisverwysings → Genesis 34:13

Toe antwoord die seuns van Jakob vir Sigem en Hemor, sy vader, met bedrog—hulle het so gespreek, omdat hy hulle suster Dina onteer het—

bedrog

Genesis 25:27-34
En die seuns het opgegroei: Esau het ’n ervare jagter geword, ’n man van die veld; maar Jakob was ’n vredeliewende man wat in tente gewoon het. En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad. En Jakob het ’n kooksel klaargemaak, en Esau het moeg uit die veld gekom. Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem. En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my. En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan? Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.
Rigters 15:3
Maar Simson het vir hulle gesê: Hierdie keer is ek onskuldig teenoor die Filistyne as ek hulle kwaad aandoen.
2 Samuel 13:23-29
En ná twee volle jare het Absalom skeerders gehad in Baäl-Hasor wat by Efraim is, en Absalom het al die seuns van die koning genooi. Daarop kom Absalom by die koning en sê: Kyk tog, u dienaar het skeerders. Laat die koning en sy dienaars tog met u dienaar saamgaan. Maar die koning sê vir Absalom: Ag nee, my seun, laat ons tog nie almal saamgaan nie, sodat ons jou nie lastig val nie. En hy het by hom aangehou, maar hy wou nie gaan nie en het hom die afskeidseën gegee. Daarop sê Absalom: So nie, laat my broer Amnon tog saam met ons gaan. Maar die koning sê vir hom: Waarom moet hy met jou saamgaan? Toe Absalom dan by hom aanhou, het hy Amnon en al die seuns van die koning met hom saam laat gaan. En Absalom het sy dienaars bevel gegee en gesê: Let tog op, net soos Amnon se hart vrolik is van die wyn en ek vir julle sê: Slaan Amnon dood! dan moet julle hom doodmaak. Wees nie bevrees nie; het ék julle dit nie beveel nie? Wees sterk en wees wakker manne. En die dienaars van Absalom het met Amnon gedoen soos Absalom hulle beveel het. Toe het al die seuns van die koning opgestaan, en hulle het elkeen op sy muil geklim en gevlug.
Job 13:4,7
Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal. ... Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?
Psalms 12:3
Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig.
Spreuke 12:13
In die oortreding van die lippe lê daar ’n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
Spreuke 12:18-20
Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing. ’n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ’n valse tong vir ’n oomblik. Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
Spreuke 24:28-29
Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei? Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen—ek sal die man vergelde na sy werk.
Spreuke 26:24-26
Die hater veins met sy lippe, maar in sy binneste koester hy bedrog. As hy sy stem lieflik maak, vertrou hom nie; want sewe gruwels is in sy hart. Al verberg die haat homself in bedrog, sy boosheid word in die vergadering openbaar.
Jesaja 59:13
die afval en verloëning van die HERE en afwyking van agter onse God; die uitspreek van verdrukking en oortreding, die opneem en uitstoot van leuentaal uit die hart.
Miga 7:2
Die vrome het verdwyn uit die land, en daar is geen opregte meer onder die mense nie; hulle loer almal op bloed; hulle jaag elkeen sy broer met die net.
Romeine 12:19
Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
1 Thessalonisense 5:15
Sorg dat niemand ’n ander kwaad vir kwaad vergeld nie; maar jaag altyd ná wat goed is, teenoor mekaar sowel as teenoor almal.
Mattheüs 28:13
en gesê: Julle moet sê: Sy dissipels het in die nag gekom en Hom gesteel terwyl ons aan die slaap was.