Kruisverwysings → Genesis 33:5

Daarna het hy sy oë opgeslaan en die vroue en kinders gesien en gesê: Wie het jy daar by jou? En hy antwoord: Die kinders wat God uit genade aan u dienaar geskenk het.

kinders

Genesis 30:2
Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek dan in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?
Genesis 48:9
En Josef antwoord sy vader: Dit is my seuns wat God my hier gegee het. En hy sê: Bring hulle tog by my, dat ek hulle kan seën.
Rut 4:13
So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die HERE het vir haar swangerskap gegee, en sy het ’n seun gebaar.
1 Samuel 1:27
Om hierdie seun het ek gebid, en die HERE het my bede aan my gegee wat ek van Hom gebid het.
1 Kronieke 28:5
En uit al my seuns—want die HERE het my baie seuns gegee—het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die HERE oor Israel.
Psalms 127:3
Kyk, seuns is ’n erfdeel van die HERE; die vrug van die moederskoot is ’n beloning.
Jesaja 8:18
Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het—tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.
Hebreërs 2:13
en verder: Ek sal my vertroue op Hom stel; en verder: Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.