Kruisverwysings → Genesis 33:4

Toe loop Esau hom tegemoet en omhels hom en val hom om die hals en soen hom; en hulle het geween.

omhels

Genesis 32:28
Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.
Genesis 43:30,34
En Josef het gou gemaak, want sy binneste was ontroerd oor sy broer: hy het geleentheid gesoek om te ween en in die kamer gegaan en daar geween. ... Hierop het hy aan hulle porsies uitgedeel van die ete wat voor hom staan; maar die porsie van Benjamin was vyf maal groter as die porsies van hulle almal. En hulle het gedrink en saam met hom vrolik geword.
Genesis 45:2,15
Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. ... En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.
Job 2:12
En toe hulle op ’n afstand hul oë opslaan en hom nie herken nie, het hulle hul stem verhef en geween; ook het hulle elkeen sy mantel geskeur en stof op hul hoofde gestrooi na die hemel toe.
Nehemia 1:11
Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.
Psalms 34:5
Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered.
Spreuke 16:7
As die HERE behae het in die weë van ’n man, dan laat Hy selfs sy vyande met hom vrede hou.
Spreuke 21:1
DIE koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

val hom om die hals

Genesis 45:14-15
Toe val hy sy broer Benjamin om die hals en ween; en ook Benjamin het aan sy hals geween. En hy het al sy broers gesoen en aan hulle hals geween; en daarna het sy broers met hom gespreek.
Genesis 46:29
Toe span Josef sy wa in, en hy trek op, sy vader Israel tegemoet na Gosen. En toe hy homself aan hom vertoon, het hy om sy hals geval en lank aan sy hals geween.
Lukas 15:20
En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
Handelinge 20:37
En daar het ’n groot geween ontstaan van almal, en hulle het Paulus om die hals geval en hom gesoen,