Kruisverwysings → Genesis 33:3

maar hy self het voor hulle uit gegaan en hom sewe maal na die aarde gebuig, totdat hy by sy broer gekom het.

voor hulle uit gegaan

Johannes 10:4,11-12,15
En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken. ... Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie ’n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. ... Net soos die Vader My ken, ken Ek ook die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape.

gebuig

Genesis 18:2
Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom. En toe hy hulle sien, loop hy hulle tegemoet van die ingang van die tent af en buig hom na die aarde toe.
Genesis 42:6
En Josef was die maghebber oor die land, hy wat aan al die mense van die land koring verkoop het; daarom het die broers van Josef gekom en hulle voor hom met die aangesig na die aarde gebuig.
Genesis 43:26
Toe Josef dan in die huis kom, het hulle vir hom die geskenk binnegebring wat by hulle was, en hulle voor hom neergebuig na die aarde toe.
Spreuke 6:3
doen dan dit, my seun, om jouself te red—want jy het in die hand van jou naaste geraak—gaan, werp jou neer en bestorm jou naaste,
Prediker 10:4
As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.
Lukas 14:11
Want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en wat homself verneder, sal verhoog word.

sewe maal

1 Samuel 2:5
Die wat versadig was, het hulle vir brood verhuur; maar die wat honger gehad het, rus. Selfs die onvrugbare het sewe gebaar, maar sy wat ryk aan kinders was, het verwelk.