CrossReferences.org

Kruisverwysings Genesis 33:20

Daar het hy ook ’n altaar opgerig en dit genoem: Die God van Israel is God.

Druk op ’n gekleurde frase om na sy verwysings te spring.

Lees Genesis 33:20 in konteks →

altaar

  1. Genesis 8:20

    20En Noag het vir die HERE ’n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.

  2. Genesis 12:7-8

    7Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ’n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het. 8En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ’n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.

  3. Genesis 13:18

    18Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE ’n altaar gebou.

  4. Genesis 21:33

    33En hy het ’n tamarisk in Berséba geplant en daar die Naam van die HERE, die ewige God, aangeroep.

Die God van Israel is God

  1. Genesis 32:28

    28Toe sê Hy: Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel; want jy het geworstel met God en met die mense en het oorwin.

  2. Genesis 35:7

    7en hy het daar ’n altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan hom geopenbaar is toe hy vir sy broer gevlug het.